Die trots van jongmanne lê in hulle krag;
Die versiering van oumense is hulle grysheid.
Spreuke 20:29
BERGPRAG SENTRUM VIR BEJAARDES
Bergprag Sentrum vir Bejaardes glo, nes Salomo, dat die ouderdom ʼn sierlike kroon is (Spreuke 16:31). Hier word behuising, versorging- en ondersteuningsdienste met waardigheid en respek gebied. Bergprag is geleë in Bethlehem in die pragtige Oos-Vrystaat. Gedurende die somer is die berge groen, in die lente is die strate gevul met bloeisels en in die winter kan daar selfs sneeu wees.
Bergprag is sentraal geleë, slegs 3km van die MediClinic Hoogland Hospitaal en 4km van die groot Dihlabeng winkelsentrum.


Kontak ons gerus vir meer inligting: