Die trots van jongmanne lê in hulle krag;

Die versiering van oumense is hulle grysheid.

Spreuke 20:29

BERGPRAG VERSORGINGSEENHEID

Bergprag Sentrum vir Bejaardes beskik oor meer as 50 kamers waar daar gefokus word op die versorging van ouer persone. Akkommodasie opsies sluit in:

5 x Dubbelkamers
Een ruim slaapkamer met spasie vir twee beddens met en-suite badkamer plus ruim leef-area. Hierdie kamers is ideaal vir egpare.

12 x Privaat kamers
 Ruim kamers met en-suite badkamer plus kitchenette
Hierdie kamers is groot genoeg om ʼn bank of ʼn tafeltjie ook in te sit.

35 x Enkelkamers
Ruim kamer wat een van vier badkamers in ʼn gang deel
Daar is vier badkamers in ʼn gang en elke drie kamers deel een badkamer.

DIENSTE

Bergprag Sentrum vir Bejaardes bied ʼn verskeidenheid dienste wat inwoners kan geniet. Hier is ʼn lys van sommige van die dienste wat aan inwoners gebied word. Laat weet ons gerus wat jou behoeftes is, want elke persoon se seisoen is uniek.

  • 24 uur verpleegsorg wat onder andere insluit die toedien van medikasie
  • 3 maaltye per dag, 7 dae van die week
  • Skoonmaak van kamers (daagliks)
  • Was van wasgoed (daagliks)
  • CCTV Sekuriteitskameras
  • Biblioteek
  • Haarsalon
  • Snoepie
  • Aktiwiteite soos aangebied deur arbeidsterapeute
  • Leserskring

  • Weeklikse kerkdienste waar predikante roteer en ʼn diens by die Sentrum kom hou.
  • Daaglikse huisgodsdiens of biduur voor ontbyt en aandete
  • Kliniek met geregistreerde verpleegkundige
  • 24 uur sekuriteit
  • Nood krag en –water voorsiening
  • Paniekknoppies
  • DSTV pakket
parallax background