Die trots van jongmanne lê in hulle krag;

Die versiering van oumense is hulle grysheid.

Spreuke 20:29

BERGPRAG AFTREEOORD

Eenhede in die aftreeoord word as deeltitels verkoop of verhuur. Alternatiewelik as vooruitbetaalde huur, wat ʼn baie bekostigbare konsep is. Hier is opsies van bachelor woonstelle asook een- en tweeslaapkamer woonstelle. Die rolstoelvriendelike toegang en ruim kamers maak dit ʼn ideale huis vir jou aftrede.

DIENSTE

Bergprag Aftreeoord bied ʼn verskeidenheid dienste wat inwoners kan geniet. Vir enige verdere navrae kan die kantoor gekontak word.

  • Maandelikse heffing is aan die Oord betaalbaar, wat insluit versekering van gebou, instandhouding, 24 uur sekuriteit asook die voordeel van voorkeur om opname in die versorgingseenheid.
  • Elke eenheid beskik oor sy eie voorafbetaalde krag toestel en inwoners koop dus self hulle eie krag.
  • Paniekknoppies is beskikbaar teen addisionele koste
  • Afdakke word apart gehef
  • Vullisverwydering word ook maandeliks apart gehef
  • Die terrein word te alle tye deur die oord-personeel netjies in stand gehou.
  • Die Oord het ook hul eie DSTV pakket
parallax background